Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 24:23-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. en hy sê: “Wie se dogter is jy? Vertel my asseblief. Is daar plek vir ons in die huis van jou vader om te oornag?”

24. Sy antwoord hom: “Ek is die dogter van B’tu’el, die seun van Milkah, wat vir Nagor gebore is.”

25. Sy sê ook vir hom: “Daar is ook genoeg strooi en voer by ons, asook plek om te oornag.”

26. Die man buig sy kop af en gaan lê plat op die grond voor יהוה

27. en hy sê: “Geseënd is יהוה, die God van Avraham, my meester, wat Sy omgee en Sy waarheid nie aan my meester teruggehou het nie. Wat my betref, יהוה het my op die pad gelei na die huis van die broer van my meester.”

28. Die dogter het gehardloop en hierdie dinge in die huis van haar moeder gaan vertel.

29. Rivkah het ’n broer gehad met die naam van Lavan en Lavan het uitgehardloop na die man buite by die fontein.

30. Dit het gebeur toe hy die ring en die armbande aan die hande van sy suster sien en die woorde van sy suster Rivkah hoor, naamlik: ‘So het die man met my gepraat,’ dat hy na die man gegaan het terwyl hy nog daar by die kamele by die fontein gestaan het

31. en gesê: “Kom in, geseënde van יהוה! Waarom staan jy buitekant? Ek het die huis voorberei en ook plek vir die kamele.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 24