Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 23:7-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Avraham het opgestaan en hom voor die mense van die land neergebuig, voor die seuns van Het

8. en hy het met hulle gepraat en gesê: “As julle dit goed vind dat ek my dooie van voor my sig af weg begrawe, luister dan na my en doen vir my ’n goeie woord by `Efron, die seun van Tzogar

9. sodat hy aan my die spelonk van Makhpela, wat aan hom behoort, gee wat aan die end van sy veld lê. Laat hy dit vir die volle som aan my gee dat ek ’n graf onder julle mag besit.”

10. `Efron het tussen die seuns van Het gesit. Toe antwoord `Efron, die Hetiet, Avraham voor die ore van die seuns van Het, van almal wat in die poort van sy stad ingegaan het:

11. “Nee, my meester, luister na my. Ek gee die veld vir u en die grot wat daarin is, voor die oë van die seuns van my volk gee ek dit aan u. Begrawe u dooie.”

12. Avraham het hom voor die volk van die land neergebuig

13. en met `Efron gepraat voor die ore van die volk van die land: “As u die veld vir my wil gee, luister na my! Ek gee die geld vir die veld. Vat dit van my sodat ek my een wat dood is daar kan begrawe.”

14. `Efron het Avraham geantwoord en vir hom gesê:

15. “My meester, luister na my. Die veld is vier honderd sikkels silwer werd. Wat is dit tussen my en u? Begrawe maar u dooie.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 23