Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 20:9-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Avimelekh het Avraham laat roep en hom gevra: “Wat het jy aan ons gedoen? Wat het ek teen jou gesondig dat jy oor my en my koninkryk ’n groot sonde gebring het? Jy het aan my gedoen wat nie gedoen mag word nie.”

10. Avimelekh sê ook vir Avraham: “Wat het jou oorreed om hierdie daad te doen?”

11. Avraham antwoord: “Omdat ek gedink het dat daar geen respekvolle vrees vir God in hierdie plek is nie sodat hulle my oor my vrou sal doodmaak

12. en sy is ook werklik my suster; sy is my vader se dogter, maar nie my moeder se dogter nie en sy het my vrou geword.

13. Toe dit gebeur het dat God my uit die huis van my vader laat wegtrek het, het ek vir haar gesê: ‘Dit is die guns wat jy van jou kant aan my moet bewys: op elke plek waar ons kom, moet jy van my sê: “Hy is my broer”’.”

14. Toe neem Avimelekh kleinvee, beeste, slawe en slavinne en gee dit vir Avraham. Hy het ook sy vrou, Sarah, aan hom teruggegee.

15. Avimelekh sê: “Let op my land lê voor jou oop, bly net waar dit goed is in jou oë.”

16. Vir Sarah sê hy: “Let op, ek gee vir jou broer ’n duisend stukke silwer. Let op, dit is omdat jy verneder is in die oë van my mense en vir die ander dinge waaroor ek jou tereggewys het.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 20