Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 2:14-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Die naam van die derde rivier is die Giddekel. Dit is hy wat oos van Ashur loop. Die vierde rivier is die Ferat (Eufraat).

15. Toe het יהוה-God, die mens gevat en hom in die tuin van `Eden gesit om dit om te spit en te beskerm.Gen 3:23

16. יהוה-God het die mens beveel en gesê: “Van al die bome van die tuin mag jy as kos eet,

17. maar van die ‘Boom van die Kennis van Goedheid en Boosheid’, daarvan mag jy nie eet nie, want op die dag as jy daarvan eet, sal jy die dood sterf.”

18. יהוה-God het ook gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ’n helper maak wat by hom pas.”

19. Vanuit die grond het יהוה-God al die diere van die veld en al die voëls van die hemel gevorm en hulle na die mens toe gebring om te sien hoe hy hulle sou noem en wat ook al die mens al die lewende wesens genoem het, dit moes sy naam wees.

20. So het die mens dan name gegee aan al die vee en aan die voëls van die hemel en aan al die wilde diere van die veld, maar vir die mens het Hy geen hulp gevind wat hom sou aanvul nie.

21. יהוה-God het ’n diep slaap oor die mens laat val en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene gevat en die plek daarvan met vlees toegemaak

22. en יהוה-God het die rib wat Hy vanaf die mens gevat het gebou tot ’n vrou en haar na die mens gebring.

23. Die mens het gesê: “Eindelik is dit nou been van my been en vlees van my vlees. Sy sal vrou (ishah) genoem word, want sy is vanuit die man (ish) geneem;”

24. daarom, soos die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef, sal hulle een vlees wees.Mat 19:5; Mar 10:8; Efe 5:31

25. Hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle was nie skaam daaroor nie.

Lees volledige hoofstuk Genesis 2