Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 19:5-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Hulle het na Lot geroep en vir hom gesê: “Waar is die manne wat vannag na jou toe gekom het? Bring hulle na ons toe uit sodat ons ’n intieme verhouding met hulle kan hê.”

6. Lot het uitgegaan na hulle toe voor die ingang, die deur agter hom toegesluit

7. en gesê: “Asseblief, my broers, moenie boosheid doen nie.

8. Let nou op, ek het twee dogters wat met geen man intiem was nie; laat ek dié na julle uitbring en doen met hulle soos dit goed is in julle oë. Net aan hierdie manne moet julle niks doen nie, want daarom het hulle onder die skaduwee van my dak ingekom.”

9. Hulle sê: “Staan terug!” Ook sê hulle: “Hierdie een het gekom om as gas tussen ons te kom bly en nou tree hy op as regter oor ons. Nou sal ons jou meer kwaad aandoen as aan hulle.” Toe het Lot desperaat met hulle baklei en hulle het nader gekom om die deur af te breek,

10. maar die manne het hulle hand uitgesteek en Lot by hulle in die huis ingebring en die deur toegesluit.

11. Toe slaan hulle die manne wat by die ingang van die huis was, van klein tot groot, met blindheid sodat hulle moeg geword het om tevergeefs na die ingang te soek.

12. Die manne sê vir Lot: “Het jy nog iemand hier? ’n Skoonseun, jou seuns, jou dogters en almal wat jy in die stad het; bring hulle uit die plek uit,

13. want ons gaan hierdie plek vernietig omdat die uitroep teen hulle groot is in die Teenwoordigheid van יהוה en יהוה het ons gestuur om dit te vernietig.”

14. Toe gaan Lot uit en praat met sy skoonseuns wat sy dogters aanvaar het en sê: “Staan op, gaan uit hierdie plek uit, want יהוה verwoes die stad.” In die oë van sy skoonseuns was hy egter soos een wat gekskeer.

15. Toe die dag begin breek, het die engele by Lot aangedring en gesê: “Staan op, vat jou vrou en jou twee dogters wat by jou is sodat jy nie saam vernietig word vir die wetsoortreding van die stad nie.”

16. Terwyl hy nog talm, gryp die manne hom en sy vrou en sy twee dogters aan die hand omdat יהוה guns aan hom bewys het en hulle bring hom uit en sit hom buitekant die stad neer.

Lees volledige hoofstuk Genesis 19