Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 19:16-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Terwyl hy nog talm, gryp die manne hom en sy vrou en sy twee dogters aan die hand omdat יהוה guns aan hom bewys het en hulle bring hom uit en sit hom buitekant die stad neer.

17. Dit het so gebeur dat toe hulle hul uitgebring het, sê hy: “Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie en moenie êrens in die Yardenvallei bly staan nie. Vlug na die berge sodat jy nie vernietig word nie!”

18. Lot antwoord hulle: “Asseblief nie, my meesters!

19. Let nou op, u kneg het guns in u oë gevind en u het u guns groot gemaak wat u aan my bewys het deur my te laat lewe, maar ek is nie in staat om na die berge te vlug sonder dat die onheil my inhaal en ek sterf nie.

20. Let nou op, hierdie stad is naby genoeg om daarheen te vlug en dit is klein. Laat my tog daarheen vlug (is dit nie klein nie?) sodat ek kan lewe!”

21. Hy sê vir hom: “Let op, ek neem jou ook in hierdie saak in guns aan sodat ek die stad waarvan jy gepraat het, nie sal omverwerp nie.

22. Maak gou, vlug daarheen, want ek kan niks doen voordat jy nie daar aangekom het nie.” As gevolg daarvan, noem hulle die stad Tzo’ar.

23. Die son het oor die aarde opgekom toe Lot Tzo’ar binnegaan.

24. יהוה het swawel en vuur oor S’dom en `Amorra laat reën, vanaf die Teenwoordigheid van יהוה, vanuit die hemele

25. en Hy het hierdie stede omvergegooi en die hele Yardenvallei, ook al die inwoners van die stede en wat op die grond groei.

26. Sy vrou het agter hom omgekyk en sy het ’n soutpilaar geword.

27. Avraham is vroeg in die oggend na die plek waar hy voor die Teenwoordigheid van יהוה gestaan het

Lees volledige hoofstuk Genesis 19