Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 14:17-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Die koning van S’dom het ná sy terugkoms van die verslaan van K’dorla’omer en die konings wat saam met hom was, uitgetrek, hom tegemoet, in die Shavehvallei, dit is die Koningsvallei.

18. Malki-Tzedek, die koning van Shalem, nie-Levitiese priester van El-`Elyon (Die Allerhoogste, Magtige God), het brood en wyn uitgebring

19. en hom geseën en gesê: “Geseënd is Avram deur El-`Elyon, die Skepper van hemele en aarde

20. en geseënd is El-`Elyon, wat u vyande in u hand gegee het.” Toe gee Avram hom ’n tiende van alles.Heb 7:1,2

21. Die koning van S’dom sê vir Avram: “Gee vir my die mense, maar vat die besittings vir uself,

22. maar Avram antwoord die koning van S’dom: “Ek het my hand opgelig voor יהוה, El-`Elyon, die Skepper van hemele en aarde

23. sodat ek geen garingdraad of skoenriem sal vat en niks van enige iets wat u s’n is nie sodat u nie kan sê: ‘Ek het Avram ryk gemaak,’ nie;

24. net wat die diensknegte geëet het en die manne wat saam met my getrek het se deel: `Aner, Eshkol en Mamre, laat dié hulle deel vat.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 14