Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 12:4-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Avram het weggetrek soos יהוה vir hom gesê het en Lot het saam met hom getrek. Avram was vyf en sewentig jaar oud toe hy uit Haran vertrek het.

5. Avram het Sarai, sy vrou en Lot, sy broerskind, gevat en al hulle besittings wat hulle bymekaargemaak het en die mense wat hulle in Haran bygekry het en hulle het uitgetrek om na die land Kena’an te gaan en in die land Kena’an aangekom.

6. Avram het deur die land getrek na die plek Sh’khem, tot by die Eikeboom van Moreh. Die Kena’aniete was toe in die land.

7. יהוה het aan Avram verskyn en gesê: “Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee.” Toe bou hy daar ’n altaar vir יהוה wat aan hom verskyn het.Hand 7:5

8. Daarvandaan het hy vertrek na die berge oos van Beit-El en sy tent tussen Beit-El aan die see se kant en `Ai aan die oostekant opgeslaan en daar vir יהוה ’n altaar gebou en die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה aangeroep.

9. Avram het al verder na die Suidland (Negev) getrek.

10. Daar was hongersnood in die land sodat Avram na Mitzrayim afgetrek het om daar te bly, want die hongersnood was swaar in die land.

11. Dit het gebeur dat toe hy op die punt staan om Mitzrayim binne te gaan, hy vir sy vrou Sarai gesê het: “Let op, ek weet dat jy ’n vrou is wat mooi is om na te kyk

12. en dit sal gebeur dat as die Mitzrayiete jou sien, hulle sal sê: ‘Dit is sy vrou’ en hulle sal my doodmaak en jou laat lewe.

13. Sê asseblief jy is my suster sodat dit met my goed kan gaan ter wille van jou en ek as gevolg van jou in die lewe kan bly.”

14. Dit het so gebeur dat toe Avram in Mitzrayim kom, die Mitzrayiete gesien het dat sy vrou baie mooi was.

15. Die heersers van Farao het haar ook gesien en haar by Farao aangeprys en die vrou is in Farao se paleis ingevat.

16. Hy het Avram goed behandel om haar ontwil sodat hy kleinvee, beeste, esels, slawe en slavinne, eselinne en kamele gekry het.

Lees volledige hoofstuk Genesis 12