Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 12:2-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. en Ek sal jou ’n groot nasie maak en jou seën en jou karakter en outoriteit (naam) groot maak en jy sal ’n seën wees

3. en Ek sal diegene seën wat jou seën en hom vervloek wat jou vervloek en in jou sal al die families van die aarde geseën word.”

4. Avram het weggetrek soos יהוה vir hom gesê het en Lot het saam met hom getrek. Avram was vyf en sewentig jaar oud toe hy uit Haran vertrek het.

5. Avram het Sarai, sy vrou en Lot, sy broerskind, gevat en al hulle besittings wat hulle bymekaargemaak het en die mense wat hulle in Haran bygekry het en hulle het uitgetrek om na die land Kena’an te gaan en in die land Kena’an aangekom.

6. Avram het deur die land getrek na die plek Sh’khem, tot by die Eikeboom van Moreh. Die Kena’aniete was toe in die land.

7. יהוה het aan Avram verskyn en gesê: “Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee.” Toe bou hy daar ’n altaar vir יהוה wat aan hom verskyn het.Hand 7:5

Lees volledige hoofstuk Genesis 12