Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 11:24-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. Toe Nagor nege en twintig jaar oud was, het hy die vader van Terag geword.

25. Nagor het ná die geboorte van Terag nog honderd en negentien jaar geleef en hy het seuns en dogters gehad.

26. Toe Terag sewentig jaar oud was, het hy die vader geword van Avram, Nagor en Haran.

27. Dit is die nageslag van Terag: Terag het die vader geword van Avram, Nagor en Haran en Haran van Lot.

28. Haran is in Ur van die Kasdeërs, in sy geboorteland, dood terwyl sy vader Terag nog geleef het.

29. Avram en Nagor het vir hulle vroue gevat. Die naam van Avram se vrou was Sarai en die naam van Nagor se vrou was Milkah, die dogter van Haran, die vader van Milkah en van Yiskah.

30. Sarai was onvrugbaar, sy het geen kind gehad nie.

31. Terag het sy seun Avram, Lot, die seun van Haran, sy kleinseunHand 7:4 en vir Sarai, sy skoondogter, die vrou van sy seun Avram, gevat en saam met hulle uit Ur van die Kasdeërs getrek om na die land Kena’an te gaan. Hulle het tot by Haran gekom en daar gaan bly.

32. Die dae van Terag was twee honderd en vyf jaar en Terag is in Haran dood.

Lees volledige hoofstuk Genesis 11