Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 11:1-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit was so dat die hele aarde dieselfde taal en dieselfde manier van praat gehad het.

2. Dit het so gebeur dat toe hulle weggetrek het vanuit die ooste, hulle ’n wye oop vallei in die land van Shin’ar gekry het en hulle het daar gaan bly.

3. Hulle sê toe vir mekaar: “Kom ons maak stene en brand dit met vuur.” Hulle het toe die bakstene as klippe en die lymgrond (Asfalt) vir klei gehad.

4. Hulle sê ook: “Kom, laat ons vir ons ’n stad bou en ’n toring waarvan die punt in die hemele is en laat ons vir ons ’n outoriteit en karakter (naam) daarstel sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie.”

5. יהוה het afgekom om die stad en die toring te sien wat die seuns van die mens gebou het.

6. יהוה het gesê: “Let op, hulle is nou een volk en het almal een taal en dit is net die begin van wat hulle beplan het om te doen; nou sal niks wat hulle beplan om te doen vir hulle onmoontlik wees nie.

7. Kom, laat Ons afgaan en hulle taal daar verwar sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie.”

8. Só het יהוה hulle daarvandaan oor die hele aarde verstrooi en hulle het opgehou om die stad te bou.

9. Hulle het dit as gevolg daarvan Bavel genoem, want dáár het יהוה die taal van die hele aarde deurmekaar gemaak en daarvandaan het יהוה hulle oor die hele aarde verstrooi.

10. Dit is die nageslag van Shem: toe Shem honderd jaar oud was, het hy die vader van Arpakhshad geword, twee jaar ná die vloed.

11. Shem het ná die geboorte van Arpakhshad nog vyf honderd jaar geleef en hy het seuns en dogters gehad.

12. Toe Arpakhshad vyf en dertig jaar oud was, het hy die vader van Shelag geword.

13. Arpakhshad het ná die geboorte van Shelag nog vier honderd en drie jaar geleef en hy het seuns en dogters gehad.

14. Toe Shelag dertig jaar oud was, het hy die vader van `Ever geword.

15. Shelag het ná die geboorte van `Ever nog vier honderd en drie jaar geleef en hy het seuns en dogters gehad.

Lees volledige hoofstuk Genesis 11