Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 1:4-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. God het gesien dat die lig goed was en God het die lig van die duisternis geskei.

5. God het die lig ‘Dag’ genoem en die duisternis het Hy ‘Nag’ genoem. Dit was aand en dit was oggend, die eerste dag.

6. God het gesê: “Laat daar ’n ruimte wees tussen die waters en laat dit ’n skeiding maak tussen water en water.”

7. God het die ruimte gemaak en die water wat onder die ruimte is, geskei van die water wat bo die ruimte is en dit was presies so.

8. God het die ruimte hemel genoem. Dit was aand en dit was oggend, die tweede dag.

9. God het gesê: “Laat die water onder die hemel op een plek bymekaarkom sodat die droë grond sigbaar word” en dit was presies so.

10. God het die droë grond ‘Aarde’ genoem en die versameling van die waters het Hy ‘See’ genoem en God het gesien dat dít goed was.

11. God het gesê: “Laat die aarde groen weiding, plante wat saad gee en bome wat, volgens hulle soorte, saaddraende vrugte dra, voortbring oor die aarde” en dit was presies so.

12. Die aarde het groen weiding, plante wat saad gee, volgens hulle soorte en bome wat saaddraende vrugte dra, volgens hulle soorte voortgebring. God het gesien dat dít goed was.

13. Dit was aand en dit was oggend, die derde dag.

14. God het gesê: “Laat die ligte in die ruimte van die hemele wees om te onderskei tussen die dag en die nag en laat hulle wees vir tekens en seisoene, vir dae en jare.

15. Laat hulle ook wees as ligte in die ruimte van die hemele om lig te gee op die aarde.” Dit was presies so.

16. God het die twee groot ligte gemaak: die groter lig om te heers oor die dag en die kleiner lig om te heers oor die nag; asook die sterre.

17. God het hulle in die ruimte van die hemele gesit om lig te gee op die aarde,

18. om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. God het gesien dat dít goed was.

Lees volledige hoofstuk Genesis 1