Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 1:19-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Dit was aand en dit was oggend, die vierde dag.

20. God het gesê: “Laat die waters met ’n oorvloed van lewende wesens wemel en laat die voëls oor die aarde vlieg in die ruimte van die hemel.”

21. God het die groot seemonsters geskep en al die lewende wesens wat beweeg, waarvan die waters wemel, volgens hulle spesies en al die voëls met vlerke, volgens hulle spesies.Iyov 40:15; Iyov 41:1 God het gesien dat dít goed was.

22. God het hulle geseën en gesê: “Wees vrugbaar, vermeerder, vul die waters van die see en laat die voëls op die aarde vermeerder.”

23. Dit was aand en dit was oggend, die vyfde dag.

24. God het gesê: “Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle spesies: vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle spesies.” Dit was presies so.

25. God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle spesies en die vee volgens hulle spesies en al die diere wat op die grond beweeg, volgens hulle spesies. God het gesien dat dít goed was.

26. God het gesê: “Laat Ons die mens maak na Ons beeld, net soos Ons en laat hulle heers oor die visse van die see, die voëls van die hemel, die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde beweeg.”Efe 2:6-10; Ya’a 3:9; Open 5:10

Lees volledige hoofstuk Genesis 1