Ou Testament

Nuwe Testament

`Ezra 8:25-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

25. en vir hulle die silwer en die goud en die voorwerpe afgeweeg, selfs die geskenke aan die huis van ons God, wat die koning, sy edeles, sy prinse en die hele Yisra’el daar teenwoordig, geskenk het.

26. Ek het in hulle hand afgetel: een honderd en vyftig talente silwer en silwer voorwerpe van ’n honderd talente en voorwerpe van goud, een honderd talente,

27. twintig goue bekers van duisend darieke (10kg) en mooi voorwerpe van Korinthe koper, kosbaar soos goud.

28. Ek het vir hulle gesê: “Julle is afgesonder tot יהוה en ook die voorwerpe is afgesonder en die silwer en die goud is ’n vrywillige geskenk aan יהוה, die God van julle vaders.

29. Wees versigtig en bewaak hulle totdat julle dit oorhandig in die teenwoordigheid van die leiers van die priesters, die Leviete en die leiers van die families van Yisra’el in Yerushalayim, in die kamers van die huis van יהוה.”

30. Die priesters en die Leviete het dit op hulleself geneem om die silwer, die goud en die voorwerpe per gewig af te lewer en hulle na Yerushalayim, na die huis van ons God, te bring.

31. Daarna het ons weggegaan van die rivier Ahawa af op die twaalfde dag van die eerste maand, om na Yerushalayim te gaan en die hand van ons God was op ons en Hy het ons bevry uit die hand van ons vyande en van hulle wat langs die pad lê en wag

32. en ons het in Yerushalayim aangekom en drie dae daar gebly.

33. Op die vierde dag het ons die silwer, die goud en die voorwerpe in die huis van ons God afgeweeg en dit oorhandig aan M’remot, die seun van Uriyah, die priester en saam met hom was El’azar, die seun van Pingas en by hulle Yozavad, die seun van Yeshua en No’adyah, die seun van Binui, die Leviete,

Lees volledige hoofstuk `Ezra 8