Ou Testament

Nuwe Testament

`Ezra 6:10-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. dat hulle offers kan bring aan die God van die hemel en kan bid vir die koning en sy seuns.

11. Ek het ook ’n verordening gemaak dat wie ook al hierdie bevel verander; laat ’n balk uit sy huis getrek word en vir hom ’n kruis gemaak word en laat hy daarop gekruisig word en van sy huis ’n mishoop gemaak word.

12. Die God, Wie se Naam (Karakter en Outoriteit) ons gevind het dat dit daar is, sal daar bly en elke koning of volk wat sy hand uitsteek om hierdie bevel te oortree, of om die huis van God, wat in Yerushalayim is, te verwoes, Ek, Daryavesh, het beveel dat hy haastig vernietig sal word.

13. Toe het Tattenai, kanselier wes van die Eufraat en Sh’tar-Boznai met hulle bondgenote gou gehandel volgens die bevel wat Daryavesh, die koning gestuur het.

14. Die Y’hudahiete het die werk gedoen en hulle was voorspoedig deur die profesieë van Haggai, die profeet en Z’kharyah, die seun van `Iddo en hulle het gebou en dit voltooi volgens die bevel van die God van Yisra’el en op bevel van Koresh, Daryavesh en Artag’shashta, konings van Perse.

15. Hierdie huis was klaar op die derde dag van die maand Adar (12de maand), in die sesde jaar van die regering van koning Daryavesh.

16. Die seuns van Yisra’el, die priesters, die Leviete en die ander seuns van Y’hudah, het die inwyding van hierdie huis van God met vreugde gevier.

17. Hulle het by die inwyding van hierdie huis van God een honderd bulle, twee honderd ramme, vier honderd lammers en twaalf bokramme as sondoffer vir die hele Yisra’el geoffer, volgens die aantal stamme van Yisra’el.

18. Hulle het die priesters in hulle afdelings aangestel en die Leviete volgens hulle afdelings, oor die diens van die huis van God, wat in Yerushalayim is, soos dit geskryf is in die die boek van die wet, van Moshe.

19. Die ballinge het die Pesag gehou op die veertiende dag van die eerste maand,

20. want die priesters en die Leviete het hulle soos een man gereinig, almal was rein en hulle het die lammers op die Pesagdag geslag vir al die mense van die ballingskap en vir hulle broers, die priesters en vir hulleself.

21. Die kinders van Yisra’el, wat van die ballingskap in Bavel teruggekeer het, almal wat hulleself afgesonder het van die onreinheid van die ander nasies van die land, om te bid tot יהוה, die God van Yisra’el, het geëet.

22. Hulle het ook die Fees van Ongesuurde Brood vir sewe dae met blydskap gehou, want יהוה het hulle vreugdevol gemaak en die verstand, wil en emosie van die koning van Ashur na hulle toe gedraai, om hul hande standvastig te versterk in die werk aan die huis van יהוה, God van Yisra’el.

Lees volledige hoofstuk `Ezra 6