Ou Testament

Nuwe Testament

`Ezra 4:6-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Aan die begin van die regering van Agashverosh, het hulle ’n aanklag geskryf teen die inwoners van Y’hudah en Yerushalayim

7. en in die dae van Artag’shashtra het Bishlam, Mitr’dat, Tav’el en hulle bondgenote, aan Artag’shashtra, koning van Perse geskryf. Die brief is in Aramese skrif geskryf en in die Aramese taal vertaal.

8. Regum, die kanselier en Shimshai, die skrywer, het ’n brief geskryf teen Yerushalayim aan Artag’shashtra, die koning, volgens die gewoonte.

9. Toe skryf Regum, die kanselier en Shimshai, die skrywer en hulle bondgenote, die Dinaïete, die Afarsat’khiete, die Tarp’liete, die Afarsiete, die Ark’wiete, die Baveloniërs, die Shushan’khiete, die Dehayiete, die `Eilamiete2 Kon 17:24-26

10. en die ander nasies wat die groot en beroemde Osnappar weggevoer en in die stede van Shomron gevestig het en die ander wat aan hierdie kant van die Eufraat is, in daardie tyd.

11. Hierdie is ’n afskrif van die brief wat hulle aan hom gestuur het, aan koning Artag’shashtra: “U diensknegte, die manne wes van die Eufraat, as volg:

12. laat dit aan die koning bekend wees dat die Y’hudahiete wat van u af na ons opgetrek het, in Yerushalayim aangekom het en dat hulle die rebelse en bose stad bou. Die mure is voltooi en die fondasies gegrawe.

13. Laat dit nou aan die koning bekend wees dat, as hierdie stad gebou en die mure voltooi is, u geen belasting, opbrengs of tol sal ontvang nie en u die inkomste van die konings in gevaar sal stel.

14. Aangesien ons nou die sout van die paleis geëet het en dit ons nie pas om die oneer van die koning te aanskou nie, stuur ons en laat die koning weet

15. dat die boek van die kronieke van u vaders gelees mag word en u sal vind in die boek van kronieke dat dié stad ’n rebelse stad is en skadelik vir konings en provinsies en dat van ouds af daarin groot stryd plaasgevind het; daarom is dié stad verwoes.

16. Ons maak dit aan die koning bekend dat, as dié stad gebou en die mure voltooi word, u daardeur geen outoriteit sal hê wes van die Eufraat nie.”

Lees volledige hoofstuk `Ezra 4