Ou Testament

Nuwe Testament

`Ezra 4:11-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Hierdie is ’n afskrif van die brief wat hulle aan hom gestuur het, aan koning Artag’shashtra: “U diensknegte, die manne wes van die Eufraat, as volg:

12. laat dit aan die koning bekend wees dat die Y’hudahiete wat van u af na ons opgetrek het, in Yerushalayim aangekom het en dat hulle die rebelse en bose stad bou. Die mure is voltooi en die fondasies gegrawe.

13. Laat dit nou aan die koning bekend wees dat, as hierdie stad gebou en die mure voltooi is, u geen belasting, opbrengs of tol sal ontvang nie en u die inkomste van die konings in gevaar sal stel.

14. Aangesien ons nou die sout van die paleis geëet het en dit ons nie pas om die oneer van die koning te aanskou nie, stuur ons en laat die koning weet

15. dat die boek van die kronieke van u vaders gelees mag word en u sal vind in die boek van kronieke dat dié stad ’n rebelse stad is en skadelik vir konings en provinsies en dat van ouds af daarin groot stryd plaasgevind het; daarom is dié stad verwoes.

16. Ons maak dit aan die koning bekend dat, as dié stad gebou en die mure voltooi word, u daardeur geen outoriteit sal hê wes van die Eufraat nie.”

17. Toe het die koning ’n antwoord gestuur: “Aan Regum, die kanselier en Shimshai, die skrywer en hulle bondgenote wat in Shomron en in die ander gebied wes van die Eufraat bly: vrede, vreugde, vergenoegdheid, gesondheid en voorspoed.

18. Toe die brief wat julle aan ons gestuur het, aangekom het, is dit duidelik voor my gelees.

19. Ek het beveel en hulle het gesoek en gevind dat dié stad van ouds af hom teen konings verset en dat rebellie en oproer daarin verwek is.

20. Daar was ook magtige konings oor Yerushalayim wat geheers het oor al die lande wes van die Eufraat en hulle het niks vir die antieke konings omgegee nie;

21. daarom, maak nou ’n verordening wat die manne laat ophou sodat hierdie stad nie gebou mag word totdat ek ’n bevel gegee het nie.

22. Gee aandag dat jy nie faal om dit te doen nie sodat die skade nie groter sal word tot skade van die konings nie.”

23. Toe die afskrif van die brief vanaf Artag’shashtra, die koning, aan Regum, die kanselier, Shimshai, die skrywer en hulle bondgenote voorgelees is, het hulle haastig na Yerushalayim, teen die Y’hudahiete opgegaan en hulle met ’n sterk weermag laat ophou bou.

Lees volledige hoofstuk `Ezra 4