Ou Testament

Nuwe Testament

`Ezra 4:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe die teëstanders van Y’hudah en Binyamin hoor dat die ballinge ’n tempel bou vir יהוה, die God van Yisra’el,2 Kon 17:3,19,24

2. het hulle na Z’rubavel en die hoofde van die vaders gekom en vir hulle gesê: “Laat ons ook saam met julle bou, want ons soek julle God net soos julle en ons het aan Hom geoffer vanaf die dae van Esar-Haddon, koning van Ashur, wat ons hierheen gebring het.”

3. Z’rubavel, Yeshua en die ander hoofde van die vaders van Yisra’el het egter vir hulle gesê: “Julle het niks met ons te doen om vir ons God ’n huis te bou nie, want ons saam sal self vir יהוה, die God van Yisra’el ’n huis bou soos wat Koresh, koning van Perse, ons beveel het.”

4. Toe het die ander nasies van die land die hande van die volk van Y’hudah verswak en hulle vreesbevange gemaak dat hulle nie kon bou nie

5. en raadgewers teen hulle gehuur om hulle doel te frustreer al die dae van Koresh, koning van Perse, selfs tot by die regering van Daryavesh, koning van Perse.

6. Aan die begin van die regering van Agashverosh, het hulle ’n aanklag geskryf teen die inwoners van Y’hudah en Yerushalayim

7. en in die dae van Artag’shashtra het Bishlam, Mitr’dat, Tav’el en hulle bondgenote, aan Artag’shashtra, koning van Perse geskryf. Die brief is in Aramese skrif geskryf en in die Aramese taal vertaal.

8. Regum, die kanselier en Shimshai, die skrywer, het ’n brief geskryf teen Yerushalayim aan Artag’shashtra, die koning, volgens die gewoonte.

9. Toe skryf Regum, die kanselier en Shimshai, die skrywer en hulle bondgenote, die Dinaïete, die Afarsat’khiete, die Tarp’liete, die Afarsiete, die Ark’wiete, die Baveloniërs, die Shushan’khiete, die Dehayiete, die `Eilamiete2 Kon 17:24-26

10. en die ander nasies wat die groot en beroemde Osnappar weggevoer en in die stede van Shomron gevestig het en die ander wat aan hierdie kant van die Eufraat is, in daardie tyd.

11. Hierdie is ’n afskrif van die brief wat hulle aan hom gestuur het, aan koning Artag’shashtra: “U diensknegte, die manne wes van die Eufraat, as volg:

12. laat dit aan die koning bekend wees dat die Y’hudahiete wat van u af na ons opgetrek het, in Yerushalayim aangekom het en dat hulle die rebelse en bose stad bou. Die mure is voltooi en die fondasies gegrawe.

13. Laat dit nou aan die koning bekend wees dat, as hierdie stad gebou en die mure voltooi is, u geen belasting, opbrengs of tol sal ontvang nie en u die inkomste van die konings in gevaar sal stel.

Lees volledige hoofstuk `Ezra 4