Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 9:6-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. In Shushan, in die paleis, het die Y’hudahiete vyf honderd man gedood en uitgewis

7. en hulle het Parshandata, Dalfon, Aspata,

8. Porata, Adalya, Aridata,

9. Parmahsta, Arisai, Aridai en Vaizata,

10. die tien seuns van Haman, die seun van Hammedatha, die vyand van die Y’hudahiete, gedood, maar hulle het nie hulle hande gesit aan die buit nie.

11. Op daardie dag is die getal van dié wat in die paleis Shushan gedood is, voor die koning gebring

12. en die koning het vir Ester, die koningin, gesê: “In die paleis Shushan het die Y’hudahiete vyf honderd man gedood en uitgewis asook die tien seuns van Haman; wat het hulle gedoen in die ander provinsies? Wat is nou jou begeerte? Dit sal aan jou gegee word. Wat is verder jou versoek? Dit sal vir jou gedoen word.”

Lees volledige hoofstuk Ester 9