Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 8:6-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. want hoe sou ek die katastrofe wat my volk sal tref kan verdra, of hoe sou ek die vernietiging van my familie kan verdra?”

7. Toe sê koning Agashverosh vir Ester, die koningin: “Let op, ek het vir jou die huis van Haman gegee en hom het hulle aan die galg opgehang omdat hy sy hand teen die mense van Y’hudah opgelig het.

8. Skryf aangaande die Y’hudahiete wat julle goeddink in die naam (karakter en outoriteit) van die koning en seël dit met die ring van die koning, want ’n geskrif, in die naam (karakter en outoriteit) van die koning geskryf en geseël met die ring van die koning, kan nie herroep word nie.”

9. Toe is die koning se skrywers in daardie tyd geroep, op die drie en twintigste van die derde maand, dit is die maand Sivan en daar is aan die bevelvoerders van die leërmag, die goewerneurs en die prinse van die provinsies vanaf Indië tot by Kush, een honderd sewe en twintig provinsies, geskrywe volgens alles wat Mordekhai geskryf het aangaande die Y’hudahiete; aan elke provinsie volgens sy skrif en aan elke volk in sy eie taal en aan die Y’hudahiete in hulle skrif en in hulle taal.

10. Die briewe is geskryf in die naam (karakter en outoriteit) van koning Agashverosh en geseël met sy ring en hulle is gestuur met hardlopers, perderuiters en dromedarisse.

11. In hierdie briewe gee die koning toestemming aan die Y’hudahiete wat in elke stad bly om bymekaar te kom en hulle lewens te verdedig; om elkeen wat hulle mag onderdruk, saam met kinders en vroue en hulle besittings as buit te plunder, te vernietig, dood te maak en uit te roei

12. en dit op een dag, in al die provinsies van koning Agashverosh, op die dertiende van die twaalfde maand, dit is die maand Adar.

13. ’n Afskrif van die skrywe is uitgereik in elke provinsie en verklaar aan al die volke dat die Y’hudahiete op dié dag gereed moes wees om hulle op hul vyande te wreek.

Lees volledige hoofstuk Ester 8