Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 4:5-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Toe het Ester vir Hatakh, een van die lyfknegte van die koning, wat hy in haar diens gestel het, geroep en hom beveel om na Mordekhai te gaan om uit te vind wat dit beteken en waarom dit gebeur.

6. Hatakh het uitgegaan na Mordekhai, in die strate van die stad wat voor die poort van die koning is.

7. Toe vertel Mordekhai hom alles wat hom oorgekom het en van die bedrag silwer wat Haman beloof het om in die skatte van die koning af te weeg om hulle van Y’hudah te vernietig.

8. Hy het ook vir hom ’n afskrif gegee van die skrywe wat in Shushan, in die paleis, uitgevaardig is om dit aan Ester te wys en haar te versoek om in te gaan na die koning en hom te smeek en te versoek namens haar volk.

9. Hatakh het ingegaan en die woorde van Mordekhai aan Ester vertel.

10. Ester het weer met Hatakh gepraat en hom ’n opdrag gegee vir Mordekhai:

11. “Al die koning se diensknegte weet dat vir wie ook al, man of vrou, wat na die koning in die binneste voorhof ingaan, sonder dat hy geroep is, net een wet geld: hy moet gedood word, behalwe die een waarna die koning sy goue septer uitsteek sodat hy mag lewe, maar ek is nie geroep om by die koning in te kom, die laaste dertig dae nie.”

12. Hy het Ester se woorde vir Mordekhai vertel.

13. Toe sê Mordekhai vir hom om Ester te antwoord: “Moenie by jouself dink dat jy, meer as die ander van Y’hudah, sal ontsnap omdat jy in die koning se huis is nie,

14. want as jy heeltemal stilbly in hierdie tyd, sal daar verligting en redding vir hulle van Y’hudah vanaf ’n ander plek kom, maar jy en jou vader se huis sal vernietig word en wie weet of jy nie geroep was om na die koninkryk te kom vir ’n tyd soos hierdie nie?”

15. Toe sê Ester dat hulle Mordekhai hierdie antwoord moes teruggee:

Lees volledige hoofstuk Ester 4