Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 4:14-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. want as jy heeltemal stilbly in hierdie tyd, sal daar verligting en redding vir hulle van Y’hudah vanaf ’n ander plek kom, maar jy en jou vader se huis sal vernietig word en wie weet of jy nie geroep was om na die koninkryk te kom vir ’n tyd soos hierdie nie?”

15. Toe sê Ester dat hulle Mordekhai hierdie antwoord moes teruggee:

16. “Gaan, versamel almal van Y’hudah wat in die paleis van Shushan te kry is en vas om my ontwil; eet en drink nie, drie dae lank, nag en dag; ek en my diensmaagde sal net so vas; dan sal ek na die koning toe ingaan, wat nie volgens die wet is nie en as ek omkom, dan kom ek om.”

17. Mordekhai het gegaan en gedoen alles wat Ester hom beveel het.

Lees volledige hoofstuk Ester 4