Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 2:4-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Laat die maagd wat die koning tevrede stel, koningin wees in die plek van Vashti.” Dit het die koning tevrede gestel en hy het so gedoen.

5. Daar was ’n sekere man van Y’hudah in die paleis van Shushan met die naam van Mordekhai, die seun van Ya’ir, die seun van Shim’i, die seun van Kish, ’n Binyaminiet,2 Kon 24:12; 2 Kon 25:27-30; Yir 27:20

6. wat uit Yerushalayim weggevoer is saam met die ballinge wat in ballingskap weg is saam met Y’hoyakhin, koning van Y’hudah, wat deur N’vukhadnetzar, koning van Bavel, weggevoer is

7. en hy het Hadassah, dit is Ester, die dogter van sy oom, grootgemaak, want sy het nie vader of moeder gehad nie en die meisie was fraai en mooi en by die dood van haar vader en moeder het Mordekhai haar as sy eie dogter geneem.

8. Nadat die bevel en die wet van die koning gehoor is en baie maagde in die paleis van Shushan onder toesig van Hegai, die lyfkneg, bymekaar gebring is, is daardie Ester ook na die koning se paleis gebring, onder toesig van Hegai, die bewaker van vroue.

9. Die meisie het hom tevrede gestel en guns by hom gevind en hy het gou vir haar die nodige reinigingsmiddele, wat haar deel was, gegee en vir haar sewe meisies wat haar waardig was, vanuit die koning se huishouding gegee en hy het haar en haar meisies voorkeur gegee, meer as al die ander vroue.

10. Ester het nie haar volk of haar familie bekend gemaak nie omdat Mordekhai haar beveel het om dit nie bekend te maak nie.

11. Mordekhai het elke dag voor die hof van die huis van die vroue geloop om te hoor hoe dit met Ester gaan en wat van haar sou word.

12. Wanneer die beurt van elke meisie aanbreek om voor koning Agashverosh in te gaan nadat sy twaalf maande daar was volgens die wet vir die vroue, want so is die dae van hulle reiniging bereik: afwisselend elke ses dae met mirre-olie en ses dae lank met speserye en met ander middele vir die reiniging van vroue,

13. het elke meisie dan voor die koning gekom; wat sy ook al begeer is vir haar gegee vanuit die huis van die vroue om saam te vat na die koning se huis.

Lees volledige hoofstuk Ester 2