Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 2:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Na hierdie dinge, toe die woede van koning Agashverosh bedaar het, het hy Vashti, die koningin, onthou en wat sy gedoen het en wat teen haar beveel is.

2. Toe sê die koning se diensknegte en ministers vir hom: “Laat daar mooi maagde gesoek word vir die koning

3. en laat die koning amptenare aanstel in al die provinsies sodat hulle al die maagde wat mooi is, bymekaar laat kom in die huis van die vroue, onder toesig van Hegai, die lyfkneg, bewaker van vroue en laat hulle middele tot reiniging vir hulle gegee word.

4. Laat die maagd wat die koning tevrede stel, koningin wees in die plek van Vashti.” Dit het die koning tevrede gestel en hy het so gedoen.

5. Daar was ’n sekere man van Y’hudah in die paleis van Shushan met die naam van Mordekhai, die seun van Ya’ir, die seun van Shim’i, die seun van Kish, ’n Binyaminiet,2 Kon 24:12; 2 Kon 25:27-30; Yir 27:20

6. wat uit Yerushalayim weggevoer is saam met die ballinge wat in ballingskap weg is saam met Y’hoyakhin, koning van Y’hudah, wat deur N’vukhadnetzar, koning van Bavel, weggevoer is

7. en hy het Hadassah, dit is Ester, die dogter van sy oom, grootgemaak, want sy het nie vader of moeder gehad nie en die meisie was fraai en mooi en by die dood van haar vader en moeder het Mordekhai haar as sy eie dogter geneem.

8. Nadat die bevel en die wet van die koning gehoor is en baie maagde in die paleis van Shushan onder toesig van Hegai, die lyfkneg, bymekaar gebring is, is daardie Ester ook na die koning se paleis gebring, onder toesig van Hegai, die bewaker van vroue.

9. Die meisie het hom tevrede gestel en guns by hom gevind en hy het gou vir haar die nodige reinigingsmiddele, wat haar deel was, gegee en vir haar sewe meisies wat haar waardig was, vanuit die koning se huishouding gegee en hy het haar en haar meisies voorkeur gegee, meer as al die ander vroue.

10. Ester het nie haar volk of haar familie bekend gemaak nie omdat Mordekhai haar beveel het om dit nie bekend te maak nie.

11. Mordekhai het elke dag voor die hof van die huis van die vroue geloop om te hoor hoe dit met Ester gaan en wat van haar sou word.

Lees volledige hoofstuk Ester 2