Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 1:19-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. As dit die koning tevrede stel, laat daar ’n koninklike bevel van hom af uitgaan en geskryf word in die wette van die Mede en die Perse sodat dit nie verander kan word nie dat Vashti, die koningin, nie meer na koning Agashverosh mag kom nie en laat die koning haar koninklike posisie gee aan ’n ander wat beter is as sy

20. en die koning se bevel moet verkondig en publiseer word in sy hele koninkryk, want dit is groot sodat alle vroue, groot en klein, aan hulle mans eer sal betoon.”

21. Die woord het die koning en die prinse tevrede gestel en die koning het gedoen volgens die raad van Memukhan

22. en briewe aan al die koning se provinsies gestuur, na elke provinsie volgens sy eie skrif en aan elke volk volgens sy eie taal sodat elke man outoriteit in sy eie huis moet dra en dat dit in elke volk se taal gepubliseer moet word.

Lees volledige hoofstuk Ester 1