Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 1:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Nou, dit het gebeur in die dae van Agashverosh, wat oor Indië en selfs tot by Kush, oor ’n honderd sewe en twintig provinsies, geheers het;

2. in die dae toe koning Agashverosh op die troon van sy koninkryk, in die paleis van Shushan, gesit het,

3. in die derde jaar van sy regering, dat hy ’n groot fees vir al sy prinse, sy diensknegte, die sterk manne van die Perse en die Mede, die koning se edelmanne en die goewerneurs van die provinsies wat voor hom was, gehou het.

4. Toe het hy vir hulle die rykdom van sy wonderlike koninkryk gewys en die eer van sy grootheid vir baie dae, ’n honderd en tagtig dae lank.

5. Toe hierdie dae verby was, het die koning vir al die mense wat in die Shushan paleis was, klein en groot, ’n fees gehou vir sewe dae lank, in die hof van die tuin van die koning se paleis.

6. Daar was gordyne van wit katoen en wol en behangsels van pers, vasgebind met koorde van fyn linne en pers stowwe aan silwerringe en marmerpilare! Die sitbanke was van goud en silwer op ’n plaveisel van marmer en die matte was van fyn linne en sy!

7. Hulle het aan die gaste drankies gegee in bekers van goud, elkeen verskillend van mekaar en koninklike wyn in oorvloed, volgens die vrygewigheid van die koning!

8. Die drinkery was volgens die wet, niemand is gedwing nie, want so het die koning bevel gegee aan al die kelners van sy huishouding, dat hulle volgens elkeen se begeerte moes doen.

9. Vashti, die koningin, het ook ’n groot fees vir al die vroue in die koninklike huis van koning Agashverosh gehou.

10. Op die sewende dag, toe die innerlike van die koning vrolik was van die wyn, het hy die lyfknegte, Mehuman, Bizta, Harvona, Bigta, Avagta, Zetar en Karkas, wat in die teenwoordigheid van koning Agashverosh gedien het, beveel

Lees volledige hoofstuk Ester 1