Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 9:5-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. יהוה het ’n bepaalde tyd vasgestel en gesê: “Môre sal יהוה hierdie ding doen in die land.”

6. יהוה het dit die volgende dag gedoen: al die lewende hawe van die Mitzrayiete het doodgegaan, maar van die vee van die seuns van Yisra’el is nie een dood nie.

7. Farao het gestuur en let op, nie eens een van die lewende hawe van die Yisra’eliete was dood nie! Farao se wil, emosie en verstand was verhard en hy het die volk nie laat gaan nie.

8. יהוה het vir Moshe en Aharon gesê: “Vat vir julle hande vol as uit ’n hoogoond en laat Moshe dit na die hemel toe uitgooi voor die oë van Farao

9. en dit sal ’n fyn stof word oor die hele land van Mitzrayim en op mense en diere ontsteking veroorsaak wat in swere uitbreek, regoor die hele land van Mitzrayim.”

10. Hulle het toe as uit die hoogoond gevat, voor Farao gaan staan en Moshe het dit na die hemel uitgegooi en dit het ontstekings geword wat in swere uitbreek op mense en diere.

11. Die towenaars kon nie voor Moshe staan vanweë die swere nie, want die swere was op die towenaars en op al die Mitzrayiete.

12. יהוה het Farao se wil, emosie en verstand onveranderlik gemaak en hy het nie na hulle geluister nie, soos יהוה vir Moshe gesê het.

13. יהוה het vir Moshe gesê: “Staan vroeg in die oggend op, staan voor Farao en sê vir hom: so sê יהוה, die God van die Hebreërs: laat My volk gaan sodat hulle My kan dien,

14. want hierdie keer sal Ek al My plae teen jou stuur, teen jou diensknegte en jou volk sodat jy kan verstaan dat daar niemand op die hele aarde is soos Ek nie,

15. want as Ek My hand uitgesteek het en jou en jou volk met die pes getref het, sou jy van die aarde af vernietig wees.

16. Daarenteen, vir hierdie doel het Ek jou laat agterbly, om My krag vir jou te wys en My Karakter en Outoriteit (Naam) op die hele aarde te verklaar.Rom 9:17

17. Steeds verhoog jy jouself teen My volk dat jy hulle nie wil laat gaan nie.

18. Let op, Ek sal môre omtrent hierdie tyd ’n baie swaar hael laat reën soos wat in Mitzrayim nog nie was van die dag af dat dit gevind is tot nou toe nie.

19. Stuur daarom nou en laat jou lewende hawe en alles wat jy in die veld het, na veiligheid bring. Al die mense en die diere wat in die veld gevind word, wat nie binnetoe gebring is nie, op hulle sal die hael val en hulle sal sterf.”

20. Hulle wat יהוה se woord gevrees het onder die diensknegte van Farao, het hulle slawe en lewende hawe na die skuilings laat vlug,

Lees volledige hoofstuk Eksodus 9