Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 9:24-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. Daar was hael en vuur binne-in die hael, baie swaar, soos in die hele land van Mitzrayim nog nooit was vandat dit ’n nasie geword het nie.

25. Die hael het in die hele land van Mitzrayim alles wat in die veld was geslaan, mense sowel as diere en die hael het al die plante van die veld geslaan en al die bome van die veld verpletter.

26. Net in die land Goshen, waar die seuns van Yisra’el was, was daar geen hael nie.

27. Farao het gestuur en Moshe en Aharon laat roep en vir hulle gesê: “Ek het dié keer sonde gedoen. יהוה is die Regverdige Een en ek en my volk is dié wat boos oortree.

28. Tree in by יהוה, want daar was genoeg van God se donder en hael. Ek sal julle laat gaan en julle sal nie langer bly nie.”

29. Moshe sê vir hom: “So gou as wat ek uit die stad uitgegaan het, sal ek my hande tot יהוה uitbrei. Die donder sal ophou en die hael sal nie meer wees nie sodat u kan weet dat die aarde aan יהוה behoort,

30. maar wat u en u diensknegte betref; ek weet dat julle יהוה-God nog nie vrees nie.”

31. Die vlas en die gars is geslaan, want die gars was in die aar en die vlas in die knop,

32. maar die graan en die spelt is nie geslaan nie, want hulle is laat oeste.

33. Moshe het uit die stad uit van Farao af weggegaan en sy hande tot יהוה uitgebrei en die donder en hael het opgehou en die reën het nie meer op die aarde geval nie.

34. Toe Farao sien dat die reën, die hael en die donder ophou, het hy weer gesondig en sy wil, emosie en verstand verhard; hy en sy diensknegte.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 9