Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 9:18-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Let op, Ek sal môre omtrent hierdie tyd ’n baie swaar hael laat reën soos wat in Mitzrayim nog nie was van die dag af dat dit gevind is tot nou toe nie.

19. Stuur daarom nou en laat jou lewende hawe en alles wat jy in die veld het, na veiligheid bring. Al die mense en die diere wat in die veld gevind word, wat nie binnetoe gebring is nie, op hulle sal die hael val en hulle sal sterf.”

20. Hulle wat יהוה se woord gevrees het onder die diensknegte van Farao, het hulle slawe en lewende hawe na die skuilings laat vlug,

21. maar die wat geen ag gegee het op יהוה se woord nie, het hulle slawe en lewende hawe in die veld laat bly.

22. יהוה sê vir Moshe: “Steek jou hand uit na die hemele sodat daar hael sal wees in die hele land van Mitzrayim, oor mense, diere en oor al die plante van die veld in die land van Mitzrayim.”

23. Moshe het sy staf na die hemele uitgesteek en יהוה het donder en hael gestuur en vuur het na die aarde gereën en יהוה het hael op die land van Mitzrayim laat reën.

24. Daar was hael en vuur binne-in die hael, baie swaar, soos in die hele land van Mitzrayim nog nooit was vandat dit ’n nasie geword het nie.

25. Die hael het in die hele land van Mitzrayim alles wat in die veld was geslaan, mense sowel as diere en die hael het al die plante van die veld geslaan en al die bome van die veld verpletter.

26. Net in die land Goshen, waar die seuns van Yisra’el was, was daar geen hael nie.

27. Farao het gestuur en Moshe en Aharon laat roep en vir hulle gesê: “Ek het dié keer sonde gedoen. יהוה is die Regverdige Een en ek en my volk is dié wat boos oortree.

28. Tree in by יהוה, want daar was genoeg van God se donder en hael. Ek sal julle laat gaan en julle sal nie langer bly nie.”

29. Moshe sê vir hom: “So gou as wat ek uit die stad uitgegaan het, sal ek my hande tot יהוה uitbrei. Die donder sal ophou en die hael sal nie meer wees nie sodat u kan weet dat die aarde aan יהוה behoort,

30. maar wat u en u diensknegte betref; ek weet dat julle יהוה-God nog nie vrees nie.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 9