Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 9:12-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. יהוה het Farao se wil, emosie en verstand onveranderlik gemaak en hy het nie na hulle geluister nie, soos יהוה vir Moshe gesê het.

13. יהוה het vir Moshe gesê: “Staan vroeg in die oggend op, staan voor Farao en sê vir hom: so sê יהוה, die God van die Hebreërs: laat My volk gaan sodat hulle My kan dien,

14. want hierdie keer sal Ek al My plae teen jou stuur, teen jou diensknegte en jou volk sodat jy kan verstaan dat daar niemand op die hele aarde is soos Ek nie,

15. want as Ek My hand uitgesteek het en jou en jou volk met die pes getref het, sou jy van die aarde af vernietig wees.

16. Daarenteen, vir hierdie doel het Ek jou laat agterbly, om My krag vir jou te wys en My Karakter en Outoriteit (Naam) op die hele aarde te verklaar.Rom 9:17

17. Steeds verhoog jy jouself teen My volk dat jy hulle nie wil laat gaan nie.

18. Let op, Ek sal môre omtrent hierdie tyd ’n baie swaar hael laat reën soos wat in Mitzrayim nog nie was van die dag af dat dit gevind is tot nou toe nie.

19. Stuur daarom nou en laat jou lewende hawe en alles wat jy in die veld het, na veiligheid bring. Al die mense en die diere wat in die veld gevind word, wat nie binnetoe gebring is nie, op hulle sal die hael val en hulle sal sterf.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 9