Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 7:8-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. יהוה het met Moshe en Aharon gepraat en gesê:

9. “Wanneer Farao met julle praat en sê: Wys ’n teken vir julleself; dan moet jy vir Aharon sê: ‘Vat jou staf en gooi dit voor Farao neer en laat dit ’n slang word’.”

10. Moshe en Aharon het ingegaan na Farao toe en gedoen presies soos יהוה hulle beveel het: Aharon het sy staf voor Farao en voor sy diensknegte neergegooi en dit het ’n slang geword.

11. Farao het óók die wyse manne en die towenaars geroep en hulle, die Mitzrayitiese towenaars, het ook dieselfde gedoen met hulle geheime kunste,

12. want elkeen het sy staf neergegooi en dit het slange geword, maar Aharon se staf het hulle stawwe ingesluk.

13. Farao se wil, emosie en verstand was onveranderlik en hy het nie na hulle geluister nie, soos יהוה gesê het.

14. יהוה sê vir Moshe: “Farao se wil, emosie en verstand is hard, hy weier om die volk te laat gaan.

15. Gaan môre vroeg na Farao wanneer hy uitgaan na die water toe en staan aan die kant van die rivier om hom te ontmoet en die staf wat in ’n slang verander het, moet in jou hand wees

16. en sê vir hom: “יהוה, die God van die Hebreërs, het my na u toe gestuur en gesê: ‘Laat My volk gaan dat hulle My kan dien in die wildernis,’ maar let op, u het tot nou toe nie geluister nie en

Lees volledige hoofstuk Eksodus 7