Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 6:5-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. en Ék het ook die gesug van die seuns van Yisra’el gehoor wat deur die Mitzrayiete in slawerny gehou word en Ek het My verbond onthou.

6. Sê daarom vir die seuns van Yisra’el: ‘Ek is יהוה en Ek sal julle onder die las van die Mitzrayiete uitbring en julle red uit hulle slawerny. Ek sal julle loskoop deur ’n uitgestrekte arm en deur groot oordele.Hand 13:17

7. Ek sal julle vir Myself as volk neem en julle God wees en julle sal weet dat Ek יהוה, julle God, is wat julle uitbring onder die las van die Mitzrayiete

8. en Ek sal julle bring in die land waarvan Ek My hand opgelig het, om dit aan Avraham, aan Yitz’gak en aan Ya’akov te gee en Ek sal dit aan julle as ’n besitting gee. Ek is יהוה.”

9. Moshe het toe so met die seuns van Yisra’el gepraat, maar hulle het nie na Moshe geluister nie, vanweë hulle moedeloosheid en die wrede slawerny.

10. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

11. “Gaan praat met Farao, die koning van Mitzrayim dat hy die seuns van Yisra’el uit sy land moet laat uitgaan.”

12. Moshe het in die Teenwoordigheid van יהוה gepraat en gesê: “As die seuns van Yisra’el nie na my geluister het nie, hoe sal Farao dan na my luister, want ek is onbeholpe om te praat?”

13. יהוה het met Moshe en Aharon gepraat en vir hulle ’n opdrag gegee vir die seuns van Yisra’el en vir Farao, die koning van Mitzrayim, om die seuns van Yisra’el uit die land van Mitzrayim uit te vat.

14. Hierdie is die hoofde van hulle vader se huise. Die seuns van Re’uven, die eersgeborene van Yisra’el: Hanokh, Pallu, Hetzron en Karmi; dit is die families van Re’uven.

15. Die seuns van Shim’on: Y’mu’el, Yamin, Ohad, Yakhin, Tzogar en Sha’ul, die seun van die Kena’anitiese vrou; dit is die families van Shim’on.

16. Hierdie is die name van die seuns van Levi volgens hulle geslagte: Gershon, K’hat en M’rari. Die lewensjare van Levi was honderd sewe en dertig jaar.

17. Die seuns van Gershon was Livni en Shim’i volgens hulle families.

18. Die seuns van K’hat was `Amram, Yitz’har, Hevron en `Uzi’el. Die lewensjare van K’hat was honderd drie en dertig jaar.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 6