Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 39:24-39 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. Aan die soom van die bokleed het hulle granate gemaak van blou, pers en bloedrooi materiaal en wit geweefde linne.

25. Hulle het ook klokkies van suiwer goud gemaak en die klokkies tussen die granate gesit, aan die soom van die bokleed, rondom, tussen die granate:

26. ’n klokkie en ’n granaat, ’n klokkie en ’n granaat, reg rondom aan die soom van die bokleed waarin bedien is, soos יהוה Moshe beveel het.

27. Hulle het ook die klede van wit linne gemaak, van wewerswerk, vir Aharon en sy seuns

28. en die tulbande van wit linne en die ornamentele tulbande van wit linne en die broeke van wit geweefde linne

29. en die gordel van wit geweefde linne en van blou, pers en bloedrooi materiale, die produk van ’n kunstige wewer, soos יהוה Moshe beveel het.

30. Hulle het ook die plaat van die afgesonderde kroon van suiwer goud gemaak en daarop geskrywe met letters, soos dit op ’n seëlsteen uitgesny word: AFGESONDER TOT יהוה.

31. Hulle het ’n blou tou daaraan vasgemaak om dit bo-op die tulband vas te sit, soos יהוה Moshe beveel het.

32. So is dan al die werk aan die Tent van Ontmoeting voltooi en die seuns van Yisra’el het dit gemaak net soos יהוה Moshe beveel het; so het hulle dit gemaak.

33. Hulle het die tent na Moshe toe gebring, die tent self met alles wat daarby behoort, sy hakies, sy planke, sy pale, sy pilare, sy voetstukke,

34. die dekkleed van rooigekleurde ramsvelle, die dekkleed van dugongvelle, die verdelingsgordyn van die Toedekking,

35. die ark van die Getuienis met sy pale, die Toedekking,

36. die tafel met al sy bybehore, die brode van die Teenwoordigheid,

37. die suiwer lampstaander met sy lampe, die lampe wat daarop gerangskik moes word, met al sy bybehore en die olie vir die lampstaander;

38. verder die goue altaar, die salfolie, die reukwerk van speserye en die gordyn vir die ingang van die tent;

39. die koper altaar en sy koper loopvlak, sy pale met al sy bybehore, die kom en sy voetstuk,

Lees volledige hoofstuk Eksodus 39