Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 38:23-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. en saam met hom Oholi’av, die seun van Agisamakh, van die stam van Dan, ’n graveerder, ontwerper en wewer in blou, pers en in bloedrooi materiaal en in wit geweefde linne.

24. Al die goud wat vir al die werk van die Afgesonderde Plek gebruik is, die goud wat as offer aangebied was, was nege en twintig talente en sewe honderd en dertig sikkels (877kg) volgens die sikkel van die Afgesonderde Plek.

25. Die silwer van die wat getel is van die vergadering was een honderd talente en een duisend sewe honderd vyf en sewentig sikkels (3023kg) volgens die sikkel van die Afgesonderde Plek;

26. ’n beka vir elke persoon, dit is ’n halfsikkel volgens die sikkel van die Afgesonderde Plek, van elkeen wat oorgegaan het na die geteldes, van twintig jaar oud en daarbo, naamlik ses honderd en drie duisend vyf honderd en vyftig mans (603 550).

27. Van die honderd talente silwer is die voetstukke van die Afgesonderde Plek en die voetstukke van die verdelingsgordyn gegiet; honderd voetstukke vir honderd talente, ’n talent vir ’n voetstuk

28. en van die een duisend sewe honderd vyf en sewentig (1775) sikkels het hy hake vir die pilare gemaak, hulle toppe oorgetrek en hulle van ringe voorsien.

29. Die koper wat as offer aangebied was, het sewentig talente en twee duisend vier honderd sikkels bedra (2127kg).

30. Hy het daarvan die voetstukke van die ingang van die Tent van Ontmoeting, die koper altaar en sy koper loopvlak en al die bybehore van die altaar gemaak;

31. asook die voetstukke van die voorhof rondom en die voetstukke van die poort van die voorhof en al die penne van die Tabernakel, ook al die penne van die voorhof rondom.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 38