Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 38:2-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Hy het sy horings op die vier hoeke gemaak; sy horings was, daarmee saam, uit een stuk en hy het dit met koper oorgetrek.

3. Hy het ook al die bybehore van die altaar gemaak: die potte, die grawe, die komme, die vurke en die vuurpanne. Al sy bybehore het hy van koper gemaak.

4. Hy het ook vir die altaar ’n loopplank gemaak, ’n netwerk van koper, onder sy lys, halfpad van onder van die altaar af.

5. Hy het vier ringe aan die vier ente van die koper loopplank gegiet, as plekke vir die pale

6. en hy het die pale van akasiahout gemaak en dit met koper oorgetrek.

7. Hy het die pale in die ringe gesteek, aan die kante van die altaar, om dit daarmee te dra; hy het dit hol, van planke, gemaak.

8. Hy het ook die koper kom gemaak, met sy koper voetstuk, uit die koper spieëls van die diensdoenende vroue, wat by die ingang van die Tent van Ontmoeting gedien het.

9. Hy het ook die voorhof gemaak. Aan die suidekant was die gordyne van die voorhof een honderd el lank en van wit geweefde linne.

10. Daar was twintig pilare vir hulle met hulle twintig koper voetstukke; die hake en die ringe van die pilare was van silwer.

11. Aan die noordekant was die gordyne ’n honderd el lank; met twintig pilare en hulle twintig koper voetstukke; die hake en die ringe van die pilare was van silwer.

12. Aan die westekant was daar gordyne van vyftig el lank; met tien pilare en hulle tien voetstukke; die hake en die ringe van die pilare was van silwer.

13. Aan die oostekant, waar die son opkom, vyftig el:

14. vyftien el gordyne vir die een kant, met drie pilare en hulle drie voetstukke;

15. asook vir die anderkant; aan weerskante van die poort van die voorhof; vyftien el gordyne, met drie pilare en hulle drie voetstukke.

16. Al die gordyne van die voorhof rondom was van wit geweefde linne

17. en die voetstukke van die pilare was van koper, die hake en die ringe van die pilare van silwer, die oortreksel van hulle toppe van silwer en hulle self, al die pilare van die voorhof, het silwer ringe gehad.

18. Die skerm van die poort van die voorhof was die produk van kunstige weefwerk, van blou, pers en bloedrooi materiaal en wit geweefde linne: sy lengte was twintig el en die hoogte al langs sy breedte was vyf el, net soos die gordyne van die voorhof

19. met sy vier pilare en hulle vier voetstukke van koper, hulle hake van silwer, die oortreksel van hulle toppe en hulle ringe van silwer.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 38