Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 38:19-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. met sy vier pilare en hulle vier voetstukke van koper, hulle hake van silwer, die oortreksel van hulle toppe en hulle ringe van silwer.

20. Al die penne vir die tabernakel en die voorhof rondom was van koper.

21. Dit is die berekening van die tabernakel, die tabernakel van die Getuienis, soos dit bereken is op bevel van Moshe, vir die diens van die Leviete, onder leiding van Itamar, die seun van Aharon, die priester.Num 4:27-28

22. B’tzal’el, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Y’hudah, het alles gemaak wat יהוה Moshe beveel het

23. en saam met hom Oholi’av, die seun van Agisamakh, van die stam van Dan, ’n graveerder, ontwerper en wewer in blou, pers en in bloedrooi materiaal en in wit geweefde linne.

24. Al die goud wat vir al die werk van die Afgesonderde Plek gebruik is, die goud wat as offer aangebied was, was nege en twintig talente en sewe honderd en dertig sikkels (877kg) volgens die sikkel van die Afgesonderde Plek.

25. Die silwer van die wat getel is van die vergadering was een honderd talente en een duisend sewe honderd vyf en sewentig sikkels (3023kg) volgens die sikkel van die Afgesonderde Plek;

26. ’n beka vir elke persoon, dit is ’n halfsikkel volgens die sikkel van die Afgesonderde Plek, van elkeen wat oorgegaan het na die geteldes, van twintig jaar oud en daarbo, naamlik ses honderd en drie duisend vyf honderd en vyftig mans (603 550).

Lees volledige hoofstuk Eksodus 38