Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 38:11-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Aan die noordekant was die gordyne ’n honderd el lank; met twintig pilare en hulle twintig koper voetstukke; die hake en die ringe van die pilare was van silwer.

12. Aan die westekant was daar gordyne van vyftig el lank; met tien pilare en hulle tien voetstukke; die hake en die ringe van die pilare was van silwer.

13. Aan die oostekant, waar die son opkom, vyftig el:

14. vyftien el gordyne vir die een kant, met drie pilare en hulle drie voetstukke;

15. asook vir die anderkant; aan weerskante van die poort van die voorhof; vyftien el gordyne, met drie pilare en hulle drie voetstukke.

16. Al die gordyne van die voorhof rondom was van wit geweefde linne

17. en die voetstukke van die pilare was van koper, die hake en die ringe van die pilare van silwer, die oortreksel van hulle toppe van silwer en hulle self, al die pilare van die voorhof, het silwer ringe gehad.

18. Die skerm van die poort van die voorhof was die produk van kunstige weefwerk, van blou, pers en bloedrooi materiaal en wit geweefde linne: sy lengte was twintig el en die hoogte al langs sy breedte was vyf el, net soos die gordyne van die voorhof

19. met sy vier pilare en hulle vier voetstukke van koper, hulle hake van silwer, die oortreksel van hulle toppe en hulle ringe van silwer.

20. Al die penne vir die tabernakel en die voorhof rondom was van koper.

21. Dit is die berekening van die tabernakel, die tabernakel van die Getuienis, soos dit bereken is op bevel van Moshe, vir die diens van die Leviete, onder leiding van Itamar, die seun van Aharon, die priester.Num 4:27-28

22. B’tzal’el, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Y’hudah, het alles gemaak wat יהוה Moshe beveel het

23. en saam met hom Oholi’av, die seun van Agisamakh, van die stam van Dan, ’n graveerder, ontwerper en wewer in blou, pers en in bloedrooi materiaal en in wit geweefde linne.

24. Al die goud wat vir al die werk van die Afgesonderde Plek gebruik is, die goud wat as offer aangebied was, was nege en twintig talente en sewe honderd en dertig sikkels (877kg) volgens die sikkel van die Afgesonderde Plek.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 38