Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 33:11-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. So het יהוה met Moshe van aangesig tot aangesig gepraat, soos ’n man met sy vriend praat. Wanneer hy na die kamp toe teruggegaan het, het sy dienskneg, die jongman Y’hoshua, die seun van Nun, nie van die tent af weggegaan nie.

12. Moshe het vir יהוה gesê: “Dink daaraan hoe U vir my gesê het: ‘Bring hierdie volk op,’ maar U laat my nie weet wie U saam met my sal stuur nie. Tog het U gesê: ‘Ek ken jou by die naam (karakter en outoriteit) en jy het ook guns in My oë gevind.’

13. Ek vra daarom nou: as ek guns in U oë gevind het, wys my nou U paaie sodat ek ’n verbondsverhouding met U kan hê en guns vind in U oë en dink ook daaraan dat hierdie nasie U volk is.”

14. Hy antwoord: “My Teenwoordigheid sal saam met jou gaan en Ek sal vir jou rus gee.”

15. Hy sê vir Hom: “As U Teenwoordigheid nie saam met ons gaan nie, moet ons nie hiervandaan laat opgaan nie,

16. want waaraan sou dit bekend wees dat ek en U volk guns in U oë gevind het, as dit nie is deurdat U saam met ons gaan nie? So sal ons, ek en U volk, onderskeibaar wees van al die ander volke wat op die aarde is.”

17. יהוה sê vir Moshe: “Ek sal ook dit doen wat jy gesê het, want jy het guns gevind in My oë en Ek ken jou by die naam (karakter en outoriteit).”

18. Hy vra: “Laat my asseblief U grootsheid en glorie sien.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 33