Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 33:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het vir Moshe gesê: “Gaan hiervandaan op, jy en die volk wat jy uit die land van Mitzrayim af op gebring het, na die land wat Ek met ’n eed aan Avraham, Yitz’gak en Ya’akov beloof en gesê het: ‘Aan jou nageslag sal Ek dit gee.’

2. Ek sal ’n engel voor jou uit stuur en die Kena’aniete, Emoriete, Hittiete, P’riziete, Hiviete en Y’vusiete verdryf.

3. Gaan op na ’n land wat vloei met melk en heuning, want Ek sal nie tussen julle optrek nie sodat Ek julle nie dalk op die pad verteer omdat julle ’n hardnekkige volk is nie.”Hand 7:51

4. Toe die volk hierdie hartseer woord hoor, het hulle getreur en niemand het sy versierings aangesit nie,

5. want יהוה het vir Moshe gesê: “Sê vir die seuns van Yisra’el: ‘Julle is ’n hardnekkige volk; as Ek vir een oomblik tussen julle sou inkom, sou ek julle vernietig. Haal daarom nou julle versierings af, dan sal Ek weet wat Ek met julle moet doen.’”

6. So het die seuns van Yisra’el hulleself gestroop van hulle versierings vanaf die berg Horev en verder.

7. Moshe het ’n tent gevat en dit vir hom buitekant die kamp opgeslaan, ver van die kamp af en dit die Tent van Ontmoeting genoem. Dit het so gebeur dat elkeen wat יהוה wou raadpleeg, na die Tent van Ontmoeting, wat buite die kamp was, uitgegaan het.

8. Wanneer Moshe uitgaan na die tent toe, staan die hele volk op en gaan elkeen by die ingang van sy tent staan en hou Moshe dop totdat hy in die tent ingegaan het.

9. Dit het gebeur dat wanneer Moshe in die tent ingaan, die wolkkolom afkom en by die ingang van die tent gaan staan en יהוה het met Moshe gepraat.

10. Al die mense het die wolkkolom gesien staan by die ingang van die tent en almal het opgestaan en op die grond gaan lê, elkeen by die ingang van sy tent.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 33