Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 28:6-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. en hulle moet die skouerstuk maak van goud, blou, pers en bloedrooi materiaal en wit geweefde linne, die produk van kunstige werk.

7. Dit moet twee skouerstukke hê wat aan mekaar vas is; aan die twee bo-ente moet dit aan mekaar vas gesit word.

8. Die inmekaargeweefde band wat daarop is, moet van dieselfde werk wees, van goud, blou, pers en bloedrooi materiaal en wit geweefde linne.

9. Jy moet twee oniksstene vat en die name van die seuns van Yisra’el daarop graveer:

10. ses van dié name op die een steen en die ses ander name op die ander steen, volgens hulle geboortes.

11. Met die werk van ’n graveerder op klippe, graveerwerk soos wat op ’n seëlsteen uitgesny word, moet jy die name van die seuns van Yisra’el op die twee stene graveer. Jy moet hulle in ’n raam van goud set.

12. Jy moet die twee stene op die skouers van die skouerstuk vasmaak as herinneringstene vir die seuns van Yisra’el. So sal Aharon hulle name voor die Teenwoordigheid van יהוה op sy twee skouers dra om hulle in herinnering te bring.

13. Jy moet ook monteerrame van goud maak

14. en twee kettings van suiwer goud, gedraai soos vlegsels en die gevlegte kettings aan die monteerrame vasmaak.

15. Jy moet die borsplaat van beslissing maak van kunstige werk; soos die vakmanskap van die skouerstuk moet jy dit maak; van goud, blou, pers en bloedrooi materiaal en van wit geweefde linne moet jy dit maak.

16. Dit moet in ’n vierkant gevou word; ’n span sy lengte en ’n span sy breedte.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 28