Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 28:12-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Jy moet die twee stene op die skouers van die skouerstuk vasmaak as herinneringstene vir die seuns van Yisra’el. So sal Aharon hulle name voor die Teenwoordigheid van יהוה op sy twee skouers dra om hulle in herinnering te bring.

13. Jy moet ook monteerrame van goud maak

14. en twee kettings van suiwer goud, gedraai soos vlegsels en die gevlegte kettings aan die monteerrame vasmaak.

15. Jy moet die borsplaat van beslissing maak van kunstige werk; soos die vakmanskap van die skouerstuk moet jy dit maak; van goud, blou, pers en bloedrooi materiaal en van wit geweefde linne moet jy dit maak.

16. Dit moet in ’n vierkant gevou word; ’n span sy lengte en ’n span sy breedte.

17. Jy moet vier rye stene, in rame gemonteer, insit: die eerste ry moet ’n robyn, ’n topaas en ’n smarag wees.

18. Die tweede ry is ’n turkoois, ’n saffier en ’n diamant.

19. Die derde ry is ’n hiasint, ’n agaat en ’n ametis.

20. Die vierde ry is ’n beril, ’n oniks en ’n jaspis. Hulle moet in goue monteerrame geset word.

21. Die stene moet die name van die seuns van Yisra’el hê, twaalf volgens hulle name. Dit moet soos op ’n seëlsteen uitgesny word, elkeen met sy eie naam, volgens die twaalf stamme.

22. Jy moet ook kettings vir die borsplaat maak. Maak dit soos gedraaide toue van suiwer goud.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 28