Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 24:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hy het vir Moshe gesê: “Kom op na יהוה toe, jy, Aharon, Nadav, Avihu en sewentig van die oudstes van Yisra’el en lê met julle gesigte op die grond op ’n afstand.

2. Moshe alleen moet naderkom na יהוה toe, maar hulle moenie naderkom nie en die volk mag nie saam met hom opkom nie.”

3. Moshe het gekom en aan die volk al die woorde van יהוה en al die uitsprake meegedeel en die hele volk het met een stem geantwoord en gesê: “Al die woorde wat יהוה gesê het, sal ons doen.”

4. Moshe het al die woorde van יהוה opgeskryf en die oggend vroeg opgestaan en by die voet van die berg ’n altaar en twaalf pilare, volgens die twaalf stamme van Yisra’el, gebou.

5. Hy het jongmanne van die seuns van Yisra’el gestuur wat brandoffers geoffer het en bulle as vredesoffers vir יהוה geslag het.

6. Moshe het die helfte van die bloed gevat en dit in komme gegooi en die helfte van die bloed op die altaar gesprinkel.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 24