Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 21:7-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. As ’n man sy dogter as slavin verkoop, mag sy nie soos die slawe vry weggaan nie.

8. As sy nie aanvaarbaar gevind word in die oog van haar meester wat haar vir homself uitgehou het nie, moet hy haar laat loskoop. Hy het nie outoriteit om haar aan ’n vreemde volk te verkoop nie omdat hy ontrou teenoor haar opgetree het.

9. As hy haar aan sy seun verloof het, moet hy met haar handel volgens die gebruik van dogters;

10. as hy vir hom ’n ander een vat, mag hy haar kos, haar klere en haar huweliksplig (seksuele gemeenskap) nie verminder nie

11. en as hy nie hierdie drie dinge vir haar doen nie, kan sy vry weggaan, sonder om te betaal.

12. Hy wat ’n mens slaan dat hy doodgaan, moet die dood sterf.

13. As hy egter nie daarvoor lê en wag het nie, maar God hom in sy hand laat val het, dan sal Ek vir jou ’n plek aanwys waarheen hy mag vlug,

14. maar as ’n man met voorbedagte rade teen sy naaste optree, om hom met misleiding dood te maak, moet jy hom selfs van My altaar af wegvat dat hy sal sterf.1 Kon 2:28-34

15. Hy wat sy vader of moeder slaan, moet die dood sterf.

16. Hy wat ’n mens steel en hom verkoop, of as hy in sy besit gekry word, dié moet die dood sterf.

17. Hy wat sy vader of moeder vloek, moet die dood sterf.Mat 15:4; Mar 7:10

18. As manne stry en die een die ander met ’n klip of met die vuis slaan sodat hy nie doodgaan nie, maar bedlêend word;

19. as hy weer opstaan en buite met sy staf rondloop, moet hy wat hom geslaan het, vrygestel word; net sy tydverlies moet hy vergoed en voorsien dat hy van sy beserings genees.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 21