Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 21:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. “Hierdie is die regsuitsprake wat jy hulle moet voorhou:

2. as jy ’n Hebreeuse slaaf koop, moet hy ses jaar lank dien, maar in die sewende moet hy vry weggaan sonder om te betaal.

3. As hy alleen kom, moet hy alleen weggaan; as hy getroud is, moet sy vrou saam met hom weggaan.

4. As sy meester aan hom ’n vrou gee en sy vir hom geboorte gee aan seuns of dogters, moet die vrou met haar kinders haar meester se eiendom wees en hy moet alleen weggaan,

5. maar as die slaaf duidelik sê: ‘Ek het my meester, my vrou en my kinders lief; ek wil nie as ’n vry man weggaan nie,’

6. dan moet sy meester hom na God toe bring, asook na die deur of die kosyn toe bring en sy meester moet sy oor met ’n els deurboor en hy moet hom vir altyd dien.

7. As ’n man sy dogter as slavin verkoop, mag sy nie soos die slawe vry weggaan nie.

8. As sy nie aanvaarbaar gevind word in die oog van haar meester wat haar vir homself uitgehou het nie, moet hy haar laat loskoop. Hy het nie outoriteit om haar aan ’n vreemde volk te verkoop nie omdat hy ontrou teenoor haar opgetree het.

9. As hy haar aan sy seun verloof het, moet hy met haar handel volgens die gebruik van dogters;

10. as hy vir hom ’n ander een vat, mag hy haar kos, haar klere en haar huweliksplig (seksuele gemeenskap) nie verminder nie

Lees volledige hoofstuk Eksodus 21