Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 17:7-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Hy het die plek Massah en M’rivah genoem vanweë die stryery van die seuns van Yisra’el en omdat hulle יהוה getoets het deur te sê: “Is יהוה tussen ons of nie?”

8. `Amalek het gekom en by Refidim teen Yisra’el geveg.Deut 25:17; 1 Sh’m 15:2

9. Moshe het vir Y’hoshua gesê: “Kies sommige manne, trek uit en veg teen `Amalek. Môre sal ek op die top van die heuwel staan met die staf van God in my hand.”

10. Y’hoshua het gedoen soos Moshe vir hom gesê het en teen `Amalek geveg en Moshe, Aharon en Hur het opgeklim na die top van die heuwel.

11. So het dit gebeur: terwyl Moshe sy hand ophou, was Yisra’el die sterkste, maar as hy sy hand laat sak, was `Amalek die sterkste.

12. Die hande van Moshe het swaar geword, toe vat hulle ’n klip en sit dit onder hom sodat hy daarop kon sit en Aharon en Hur het sy hande ondersteun, die een aan die een kant en die ander aan die anderkant. So het sy hande dan stewig gebly tot sononder.

13. Y’hoshua het `Amalek en sy volk met die skerpte van die swaard verslaan.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 17