Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 17:11-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. So het dit gebeur: terwyl Moshe sy hand ophou, was Yisra’el die sterkste, maar as hy sy hand laat sak, was `Amalek die sterkste.

12. Die hande van Moshe het swaar geword, toe vat hulle ’n klip en sit dit onder hom sodat hy daarop kon sit en Aharon en Hur het sy hande ondersteun, die een aan die een kant en die ander aan die anderkant. So het sy hande dan stewig gebly tot sononder.

13. Y’hoshua het `Amalek en sy volk met die skerpte van die swaard verslaan.

14. יהוה sê vir Moshe: “Skryf dit as ’n herinnering in ’n boek en herhaal dit in die ore van Y’hoshua: Ek sal die gedagtenis van `Amalek heeltemal onder die hemel uitwis.”Deut 25:17; 1 Sh’m 15:2

15. Moshe het ’n altaar gebou en dit genoem: “יהוה-Nissi (יהוה-my-Banier)”

16. en gesê: “Yah het gesweer! יהוה sal oorlog maak teen `Amalek van geslag tot geslag.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 17