Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 17:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die hele vergadering van die seuns van Yisra’el het, volgens die bevel van יהוה, uitgetrek op hulle reis uit die wildernis van Sien en kamp opgeslaan in Refidim. Daar was geen water vir die volk om te drink nie.

2. Die volk het daarom met Moshe geargumenteer en gesê: “Gee vir ons water om te drink.” Moshe antwoord hulle: “Wat argumenteer julle met my? Waarom toets julle יהוה?”

3. Die volk het daar gesmag na water en het teen Moshe gebrom en gesê: “Waarom het u ons uit Mitzrayim laat optrek om ons, ons seuns en ons vee van dors te laat doodgaan?”

4. Moshe het uitgeroep na יהוה en gesê: “Wat moet ek met hierdie volk doen? Hulle is amper gereed om my te stenig.”

5. יהוה antwoord Moshe: “Gaan verby, voor die volk uit en vat van die oudstes van Yisra’el saam met jou. Vat ook in jou hand die staf, waarmee jy die rivier (Nyl) geslaan het, saam en gaan.

6. Let op, Ek sal daar voor jou op die rots by Horev staan en jy moet die rots slaan en daar sal water uitkom sodat die volk kan drink.” Moshe het so gedoen voor die oë van die oudstes van Yisra’el.

7. Hy het die plek Massah en M’rivah genoem vanweë die stryery van die seuns van Yisra’el en omdat hulle יהוה getoets het deur te sê: “Is יהוה tussen ons of nie?”

8. `Amalek het gekom en by Refidim teen Yisra’el geveg.Deut 25:17; 1 Sh’m 15:2

Lees volledige hoofstuk Eksodus 17