Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 16:22-36 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. Op die sesde dag het hulle twee maal soveel brood bymekaargemaak, twee `omers vir elkeen en al die owerstes van die vergadering het gekom en aan Moshe gerapporteer

23. en hy sê vir hulle: “Dit is wat יהוה gesê het: Môre is dit ’n rusdag, ’n afgesonderde Shabbat tot יהוה. Wat julle wil bak, bak dit en wat julle wil kook, kook dit en bêre vir julle alles wat oor is, om dit te bewaar tot die oggend toe.”Eks 12:16; Eks 35:3

24. Hulle het dit gebêre tot die oggend toe, soos Moshe beveel het en dit het nie gestink nie en daar was ook nie wurms in nie.

25. Moshe sê: “Eet dit vandag, want dit is vandag ’n Shabbat tot יהוה. Vandag sal julle dit nie in die veld kry nie.

26. Ses dae lank moet julle dit bymekaarmaak, maar op die sewende dag is dit Shabbat, dan sal dit nie daar wees nie.”

27. Dit het gebeur dat sommige mense op die sewende dag uitgegaan het om bymekaar te maak, maar hulle het niks gekry nie.

28. יהוה sê vir Moshe: “Hoe lank weier julle om My opdragte en My wette uit te voer?

29. Gee aandag: aangesien יהוה vir julle die Shabbat gegee het, gee Hy vir julle op die sesde dag brood vir twee dae. Laat elkeen in sy plek bly; laat niemand op die sewende dag van sy blyplek af weggaan nie.”

30. So het die volk op die sewende dag gerus.

31. Die huis van Yisra’el het dit ‘man hu’ genoem en dit was wit soos koljandersaad en dit het gesmaak soos wafelkoek met heuning gemaak.

32. Toe sê Moshe: “Dit is wat יהוה beveel het: ’n `omer vol moet daarvan bewaar word vir julle geslagte sodat hulle die brood kan sien wat Ek julle in die wildernis laat eet het, toe Ek julle uit die land van Mitzrayim uitgelei het.”

33. Moshe sê vir Aharon: “Vat ’n pot en gooi ’n `omer vol ‘man hu’ daarin en sit dit voor יהוה neer, om dit vir julle geslagte te bewaar.”

34. Soos יהוה Moshe beveel het, so het Aharon dit voor die Getuienis neergesit om bewaar te word.

35. Die seuns van Yisra’el het die ‘man hu’ veertig jaar lank geëet totdat hulle in ’n bewoonde land gekom het. Hulle het ‘man hu’ geëet totdat hulle by die grens van die land Kena’an gekom het.

36. ’n `Omer is die tiende van ’n efa.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 16