Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 13:16-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Dit sal as ’n teken op jou hand en as ’n band tussen jou oë wees, want יהוה het ons deur ’n sterk hand uit Mitzrayim uitgebring’.”Deut 6:8; Open 13:16

17. Dit het gebeur dat toe Farao die volk laat gaan het, God hulle nie deur die land van die F’lishtyne gelei het nie, alhoewel dit nader was, want God het gesê: “Sodat die volk, as hulle oorlog sien, nie dalk hulle gedagtes verander en teruggaan na Mitzrayim toe nie.”

18. God het die volk daarom omgelei op die pad van die wildernis na die Rooisee. Die seuns van Yisra’el het gewapend uit Mitzrayim uit opgetrek.

19. Moshe het die bene van Yosef saam met hom gevat, want hy het die seuns van Yisra’el laat sweer en gesê: “God sal sekerlik vir julle sorg en julle moet my bene saam met julle hiervandaan wegvat.”

20. So het hulle van Sukkot af weggetrek en gekamp by Etam, aan die kant van die wildernis.

21. יהוה het voor hulle uitgetrek, bedags in ’n wolkkolom om vir hulle die pad te wys en snags in ’n vuurkolom om op hulle te skyn, om dag en nag te trek.

22. Die wolkkolom het nie bedags en die vuurkolom nie snags van voor die volk weggegaan nie.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 13