Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 12:40-48 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

40. Die tyd wat die seuns van Yisra’el in Mitzrayim gebly het, was vier honderd en dertig jaar.

41. Dit het gebeur aan die einde van vier honderd en dertig jaar, op dieselfde dag het dit gebeur dat al die leërmagte van יהוה uit Mitzrayim uitgegaan het.

42. Dit is ’n nag van herinnering tot eer van יהוה omdat Hy hulle uit Mitzrayim uitgebring het. Dit is dié nag van יהוה, ’n vasgestelde tyd om onderhou te word deur al die seuns van Yisra’el in hulle geslagte.

43. יהוה het vir Moshe en Aharon gesê: “Dit is die instelling van die Pesag: géén vreemdeling mag daarvan eet nie,

44. maar elke slaaf van ’n man wat met geld gekoop is, wanneer jy hom besny het, dan mag hy daarvan eet.

45. ’n Besoeker of ’n huurling mag nie daarvan eet nie.

46. In een huis moet dit geëet word; jy mag niks van die vleis uit die huis buitentoe bring nie en julle mag geen been daarvan breek nie.Yog 19:36

47. Die hele bymekaarkoms van Yisra’el moet dit hou.

48. As ’n besoeker by jou bly en tot eer van יהוה die Pesag wil vier, moet almal wat manlik is by hom, besny word en dan mag hy nader kom om dit te vier en hy sal soos ’n kind van die land wees, want géén onbesnedene mag daarvan eet nie.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 12